Fredrik Zhang
'n bietjie oor die Oscar Pistorius saak Die OP saak het nou nou weer begin en ons fokus almal op waartoe dit sal lei. Ek is 'n ondersteuner van OP en sal hom hierdie keer ongetwyfeld ondersteun. Dit beteken nie egter dat ek dink dat hy vrygelaat moet word nie, maar as 'n ondersteuner, is dit my verantwoordelikheid om hom te ondersteun, soos baie anders. Ons weet dat hy Reeva geskiet het, of hy haar deliberately geskiet het of dit regtig 'n treurige fout is. As 'n moordenaar, het hy sy antwoord, wat hy verdien, gekry en al die haat van die mense gehoor. So nou as daar nog soveel mense op Internet en buite die hof protesteer, glo ek dat die mense regtig nie van hom hou nie. Hulle se die slegste woorde teenoor hom eenvoudig omdat hy iemand geskiet het en hulle hom nie meer in die publiek wil sien nie. Net my eie opinies, van 'n groot admirer van OP. Sterkte Ossie!
Apr 11, 2014 1:00 PM
Corrections · 4
1

'n Bietjie oor die Oscar Pistorius saak

Die OP saak het nou weer begin en ons fokus almal daarop om te sien waartoe dit sal lei. Ek is 'n ondersteuner van OP en sal hom beslis ondersteun. Dit beteken egter nie dat ek dink dat hy vrygelaat moet word nie, maar as 'n ondersteuner is dit my verantwoordelikheid om hom te ondersteun, soos vele ander. Ons weet dat hy Reeva geskiet het, maar die vraag is of hy haar doelbewus geskiet het en of dit regtig per ongeluk was. As 'n moordenaar het hy die reaksie wat hy verdien gekry en die woede van die breë gemeenskap gehoor. Met soveel mense wat steeds op die Internet en buite die hof protesteer glo ek dat die publiek werklik ontsteld is oor sy daad. Hulle sê die slegste dinge teenoor hom as gevolg van sy daad, en wil sien dat hy gestraf word.

Net my eie opinie, van 'n groot ondersteuner van OP. Sterkte Ossie!

 

Frédrik,

Interessant, jy het 'n bekende Afrikaanse naam!  Dit is goed om te hoor dat daar mense is wat 'n gabalanseerde siening van die OP saak het.  Om iemand sommer te veroordeel omdat hy 'n fout gemaak het, is hartseer. Daarom was dit verfrissend om jou kommentaar te lees.  Persoonlik is dit my mening dat, al word OP skuldig bevind aan moord met opset, kan ons hom as mens nooit verwerp nie.  Baie sterkte met jou taalstudie!  Ek sien dat jy reeds baie goeie taal beheer het.  As Afrikaanssprekende is dit vir my lekker om iemand met soveel taal ywer teen te kom.

May 12, 2014
Jy nee kyk skuldig of onskuldig hy sal dit altyd dra, maar sy lewe is nie verby nie.
November 10, 2014
jy't 'n punt. Al ondersteun ons hom, beteken dit nie dat ons dink ook dat hy onskuldig is nie. Dit word darem 'n vertoning van die hof en die fokus is nie meer op Ossie nie. Elkeen het daarin geslaag om die hele storie 'n grap te maak, soos wat jy gese het.
April 30, 2014
Die regtige sad deel van die storie is dat daar soveel mense elke dag vermoor en elke dag stap die mense skotvry daarvan weg. Net omdat dit twee bekende persone was word die hele ding opgeblaas en ruk hand uit. En ons regstelsel lyk nou vir die buite wereld soos 'n grap... wel dit is seker, maar dit moes nie op so 'n manier uitgekom het nie. Ook maar net my opinie...
April 30, 2014
Want to progress faster?
Join this learning community and try out free exercises!